maanblomliefde (Persiese kwatryn)
kom na my waar my heuningliefde woon
wees my hartskoning op die diamanttroon
waar die oggendson na die maanblom staar
en die soet suikerdruppels skitter op die troon
maar hier sit ek en huil na jou in de Aar
soos die blom hoop vir maanlig op haar blaar
my geliefde van ver-hier-vandaan in Elandsbaai
die verlang van vuurbriesie maak my klaar
manlief, as die middagson begin kraai
oor die karoobossies tot by horison se draai
is ons blom van eensame vrou in diepe rus
my verlepte hart skree vir maan se silwerswaai
kom na my verleidelike heuninghart se kus
wees my koning om die aandligsmagte te blus
waar ons maanblom ‘n soete geursang sing
en die wit kelk openbaar ons liefdelus
Kopiereg: Roeline van Schalkwyk
Let wel: silwer is n s.nw.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek