Ongemak Van Lewe
Ongemak Van Lewe
Sekere van my vriende gaan deur hel
Nou voel ek ongemaklik in my eie vel
Laat aande sal hulle my soms bel
Om my van hul omstandighede te vertel
Hulle sit in gebroke verhoudings
Hul vriende gebruik dieselfde verskonings
Tog vind hulle geen oplossings
Die een druip sy jaar
En die een raak al brand maer
Die ander kom net ni klaar
Al wat ek kan doen is staar
My bes is nie genoeg
Ek probeer maar ek raak moeg
Ek probeer my hulp by voeg
Maar steeds vind ek die een in n kroeg
Hulle probeer hul probleme weg drink
Hul vriende wil graag aan oplossings help dink
Maar in hul eie probleme gaan hulle verdrink
Hul lieflike persoonlikhede begin weg sink
Laat aande sal hulle my soms bel
Om my van hul omstandighede te vertel
Sekere van hulle gaan deur hel
Nou voel ek ongemaklik in my eie vel
© Larissa Beukes
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.