Rubáiyát 1
my liefde skenk vir jou ‘n wens
‘n fluister uit my hartslens
vloei douwoorde ‘n seën
na holtes van my siel se spens
wanneer kristaldruppels hoop verleen
oor my dowwe spore reën
en as vrede in my hart kom sing
weet ek jy’s net vir my geleen
elke keer as jou lag sonskyn bring
en so my pêreltrane verdring
dans vreugde oor my voorstoep spontaan
ons liefde is volbring
onder satynsagte lig van die volmaan
het ons harte reeds verstaan
huppel geluk deur my siel
jy’s die kern van my bestaan
©Jessica Venter
31/01/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek