Jongste aktiwiteit:

Grootman

Grootman.

Twaalf jaar gelede het ons jou na die Laerskool gevat,
jy het vars spore na die nuwe skoolsaal getrap.
Man-alleen het jy voor in die saal gaan sit,
terwyl Mamma ʼn traan pluk en ek ʼn paar keer hard moes sluk.
Jy was jonk, klein en tinger,
maar dit was gister!

Vanoggend het ek jou vir die laaste keer Hoërskool toe gevat,
jy groet en sê jy is reg om nuwe spore in die wêreld te trap.
Terwyl jy omring met vriende in die eksamenlokaal gaan sit,
vind ek dit nodig om ʼn paar keer hard te sluk.
Jy is fris en sterk, met die mooiste glimlag,
en ek huil en ek lag!

More sal jou na ʼn nuwe toekoms vat,
maar mag jy altyd stap in spore deur God self getrap.
Staan regop, stap fier, kyk elke mens in die oë,
en onthou elke dag dat ek en jou ma in jou glo.
Wees wys, waag groot, moenie kwel oor sorge,
vir jou gee God die dag van môre!

deur Stephan Uys 2017/11/20




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed