Lewensvreug
In die ritme van my aardse bestaan
waar ek deur fases van lig en donker gaan
is daar soms skadus van verlies en pyn
soms sweef ek vry in die helderblou lug,
vry, vry soos ‘n voël in vlug,
skyn deur die donker kokon
uiteindelik weer die lig
kom vreugde in pakkies met sterre versier
soos wanneer ek in die eensaam nag
kommer oor wat more vir my wag
en jy aan my ‘n lawwe versie stuur
om ons liefde en ons lewe saam te vier
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.