Jongste aktiwiteit:

mallemeule

ek dwaal in vergange eeue se hol gange
hoor die eggo’s van mal die gevange
gekerker in spelonke van vrees
aan tralies hang verrotte vlees
deur waansin verblind
proefkonyne in ‘n labirint
soekende na lig wat hul nooit kon vind
verwring in waansin grense
eksperimente nie meer mense

verwronge ewigheid skeur deur my gemoed
hoor hul hulpkrete gekerf in bloed
die mallemeule draai deur eeue
hoor die eggo’s van hul waansin skreeue
ruik die stank van lank gelede
eeue se onreg syfer deur tot in die hede
Esidemeni se smeek gebede
duiwels van nou en die verlede
niemand hoor hul om vergelding skree
‘n vloek van nou en lank geleë

VIR MALLES OP ‘N MAL MALLEMEULE

is daar geen rede
geen vrede

©Evanthe 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed