Jongste aktiwiteit:

Jou psige

Jou Psige

Kan ek delf in jou psige
van jou amper bestaan
waar die digtheid van donker
die kaleidiskoop van kleur verdryf
en ingekeer is jy
in die beklemming van self wees?

kan ek delf in jou psige
en by jou hoor
wie uit Hades fluister in jou oor
wat is die naam van die swarthond
wat jou gewete verdoof
en jou gedagtegang oortuig?

en wat was jou denke toe jy
welwetend van die gevaar
die loop teen jou hoof vasdruk
en met een skoot
jouself verdoem om met Morpheus
vir ewig te rus!?
©PcV




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed