Die liefde….
Desperaat lê die hoop
oop vir die wêreld om te sien
hoe treur ñ moederhart
oor haar kind se smart?
En hoe lewe jy werklik
wanneer die dood se kruis
die waarheid vir jou wys
in ñ kind se hoop vir môre?
Hoeveel tyd koop jy uit
as stryd se hartklop
vir jou oomblikke van hoop
verniet gee?
Hoe weet jy
of jy wen of verloor
as die storms jou
binnestes deurboor?
Waar lê die eerbaarheid
as jy as ouer soveel
keer al moes sterf?
Wie tel jou trane
en waar kom jou rus
hoeveel smeekbede
hoor die hemele elke dag
want die duiwels
sit mak en toekyk
die lewe se verniel
en hoe Jesus elke keer kniel
om die oorhand te kry
vir jou en jou kroos
die lewe my vriend
hy is meer as boos
maar liefde in leed
jou dag se sweet
en Jesus se vang
van jou soebat gesang
is meer as wat die gebrokenheid
van die aardse stryd
ooit sal kan losmaak
in jou uur van nood
want wanneer jy dit die minste
gaan verwag
gaan God ons Vader
vir jou Sy liefde wys
in die lag van jou liefde
vir jou kinders
lewe Sy liefde sigbaar
daar vind jy lewe
tussen die boos
sal jy die skoonheid vind
in die afhanklikheid
van jou kind se leed
jou opofferings
jou gesoebat
en al die trane
daar sal jy Hom vind
soos jou liefde vir jou kind
alles oorwin.
© 2018 C Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.