Jongste aktiwiteit:

ek verwonder my weer

Dis vrydagaand, vertel sy my
en ek wonder, ja?
ek soek na myself, sê sy
iewers het ek my verloor

haar vingers is koud
haar glimlag nog effens
in die nagdonker se eenvoud
hou sterre hul oë gesluit

ek vertel haar van Jesus
en sy liefde vir ons
haar soektog na haarself
bring haar tot by Hom

haar asem is min
selfs die pyn verflou
met haar laaste krag roep sy
Here, hier is u diensmaagd nou!

ek verwonder my weer
aan sy ewige genade
Hy vra niks onmoontlik van my
net toegewy aan Hom, al my dae

©adéle theron




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed