
7 Mei
kyk hoe vlieg die duiwe voor Simonsberg verby;
kyk hoe blom die Bougainvillea
teen die grouste Meimaand lug
die wolke lyk so vreemd vandag
so anders as gewoon;
dit hang oor omber dakke
en oor my tuin (in Brackenfell) se boom
hoor hoe skree die kolgans en vlug by Simonsberg verby;
voel hoe val die eerste druppels
op die sewende van Mei
© Carma Shaw
7 Mei 2018
10:38
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.