Jongste aktiwiteit:

trou

op my duin beskou ek liefde
liefde van meeue vir mekaar
paartjies wat saam broei-leef
mekaar koester – sag versorg

om trou te sweer aan iemand
beloof voor God en jou naaste
om te koester en lief te wees
tot die dood ons skei sê almal

op my duin sien ek baie rotse
misbesmeerde rotse bo golwe
waarop jare se geskiedenis lê
families wat daar gevorm was

op die strand sien ek baie keer
vere van alle kleure uit vlerke
wat kom van gebroke liggame
deur wind, see en tyd verwoes

my duin se uitsig wys my meer
jare se insig oor mense lewens
wat sweef oor golwe van lewe
dikwels ook op rotse neerstort

my duine sig bly uniek van aard
dit bly onpartydig en ook skoon
elke wending van see – seisoene
gaan geensins ongemerk verby

dit vertel my van menslike drome
wat ruisend styg op lewensgolwe
druisend neerstort op ver strande
liefde uitstraal sover strome haal

mag elke mens se liefdesdroom
werklikheid word op eie strand
saggies uitsoom op witte sand
mense oë dit kan sien en leer

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed