Verbintenis
Stergradering: goud
Die taal wat uit jou mond kom, Ma
was my altyd net tot seën
en die woorde oor jou lippe –
soos edensblomme
na die eerste lentereën.
Jou spreuke en jou sprake
het ‘n goue draad gespin
wat kon hekel tot patrone;
dit het wyd alom gekring –
tot ‘n deken (snoesigsag)
waaraan my menswees vas kan klou;
wat my ewig, innigstyf
aan hierdie taal van jou hart
en aan jou skoot verbonde hou.
© Carma Shaw
6 Mei 2017
16:02
3 Kommentare
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van die beelde en woordspeling.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek