
Reen
REëN
Dit drup daar buite
Dit drup tot in my siel
Waar rowe oor ongestorte trane
Telkens weer stukkend, stadig verniel
Dit drup daar buite
Elke druppel ‘n sekond afgemeet
Hoe oneindig lank hierdie nag
Van wonder en nie weet
Dit drup daar buite
Elke tik jou naam uitgespel
Hoe vernietigend hierdie seer
My lewe in druppels af te tel.
Kopiereg Lynne Lexow
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek is mal oor die herhaling in jou gedig. Lekker ritmies en ongelooflik mooi (Maar seer) geskryf!