OPDRAG 1: Die ewige Rymelaar
in ruimte en deur tyd, soos ‘n breyten of ‘n steyn
versamel ons ‘n woord of ‘n gedagte
enersdenkendes sonder venyn;
vasgevang op die onthou van perkamente
voer ook ons (soms) ‘n kluisenaars bestaan
ons pen verwoord die hart se diepste verstaan
van al sy lief en sy leed, van dowwe donker dieptes
‘n minuet in alliterasie, woorde legio soos die sand van die woestyn
uurglas minuut-vir-minuut ‘n woorde spel, ‘n hunkering na verlore liefdes
vir sommiges werk die oue
die klik-klak klank van die tikmasjien
vir nog andere die goue
die krabbel kreefgang ritme van die pen
wat dansend woorde deponeer
aan tyd nie gebonde
en ontbloot so op papier die siel
so voeg ek dan ook my naam
op die drukpers in inkletters saam
die ewige kluisenaar
die ewige rymelaar
©callie 2018
14 Kommentare
-
-
charne
Dit is ongelooflik mooi, baie mooi beskryf.
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Carin Erasmus
Lief die klik-klak-klank!
-

Viooltjie
Goed gedoen, Callie ☺
-

Elroux
Pragtig!
-

Loretta Szikra
Pragtig gedoen Callie! Ek verkies ook veel eerder die vrede wat my hermiet herberg offer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Driekie
Dis pragtig, Callie, treffende beskrywing van die binnewerke van 'n digter.