Jongste aktiwiteit:

bloed verdik

in die portaal staan hy
verstom en verstyf in pyn
voor sy oë maak toneel oop
van sinnelose barbaarse geweld
waarin nog twee ou mense verslind
verguis en gemartel moes heen gaan
soos die son se strale stadig skuif
so verstyf sy haat daarteen
sy bloed verdik en kolk
in magtelose stryd
laat U wil geskied
laat my nie verlore gaan
want alles in my roep tot wraak
‘n oog vir ‘n oog en sommer baie meer
wanneer die vloed gaan oorbruis
sal hul met banvloek tref
sonder genade vergifnis
sonder ander wang
van verraad
staan by
my Vader
U wil
geskied

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed