Jongste aktiwiteit:

Totsiens oumie

Die verlatenheid hier binne my
grens aan die buite holtes
van my hart
die terug flitse van ons laaste groet
“belowe my, my kind
dat jy hulle sal vertel
van Jesus en hul ouma”
Ek knik en antwoord sag
“ek belowe ouma”

‘n weghol traan val oor my wang
en in my gedagtegang
dink ek, hoe onbeskryflik dit moes wees
vir ouma om Jesus te kon sien
of selfs om Hom te kon aanraak
‘n heilige oomblik
en ek sien al in my geestesoog
hoe breed ouma glimlag

‘n ewigheid in Sy teenwoordigheid
wat ‘n groot geskenk
my hart en gees is rustig
met die wete ouma is by ons tuiste
dankie vir die voorreg
om ‘n kleinkind te kon wees vir ouma
vir al die wysheid, gebede en liefde

maak vir ons ‘n plekkie reg ouma
sodat eendag wanneer elkeen van ons
se tyd aanbreek
Ouma, my pa en Mark saam Jesus
en al die beskermende engele
wat ouma oor ons gebid het
ons met ope arms sal inwag.

© 2018 C Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed