OPGEDRA AAN VROUE WOEDEND
OPGEDRA AAN VROUE
WOEDEND
Maak mens woedend
kokend stomend
waar gaan die wêreld heen
dit is net vir ons geleen
hoe kan jy so iets doen
alles is alweer oordoen
met jou groot gladde bek
is jy net stapelgek
wat het jy verwag
die lewe het ‘n slag
waarheen jou paadjie gaan
jy is besig om te vergaan
jy maak net harte seer
dit het alweer gebeur
vee dit uit net soos ‘n uitveer
hoop jy het jou les geleer
©Eleen van Deventer Vorster
09/09/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.