ARS POETICA SENSUELE VROU
ARS POETICA
SENSUELE VROU
Jou stem fluister sagkens in my ore
sing soos ‘n melodie in waterstrome
haarlokke soos die goue geel sonstrale
vloeiende kurwes oor berge en dale
asemrowende figuur waarna ek smag
tussen rooi roosblare lê jy so sag
ek voel jou stomende warm asem
die liefdespel is toe gewasem
leef nou in die wasige damp
net so helder soos die vuurvliegie se lamp
vurige bloed vloei deur jou vroulike gevare
soos die son se goue sonneblom jare
soos ‘n rooiribbok se galop
het my hartklop vinniger geklop
my elegante vroulike blom
skitter in die oggendson
jou lippe so rooi soos skarlaken
tussen rooi satyn onder ‘n fyn laken
strelend gly jou sagte hande oor my lyf
ek hou jou sagte sensuele liggaam so styf
my hartklop bereik die klimaks daarbo
jou naakte liefdemaak passievol in jou oë
my feeverhaal in my storieboek
dis my liedjie waarin ek glo
© Eleen van Deventer Vorster
24/08/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.