Fosfor’blom
Die maan het ‘n helder glimlag
vir die son gegee
die son kon net verleë terug lag
toe sy vlekkies trane van haar wang afvee
Toe die maan die son sien opkom
het hy op ‘n afstand gebly
hy draai verward om
en wens hy kon op asem van liefde na haar gly
Maar somber wolke het die son bedek
dit was sielstrelend mooi
en die maan het ‘n silwer vlek
om die son gegooi
“Kruisrym”
2 Kommentare
-

Papillon
Die liefde oorwin alles!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek