Jongste aktiwiteit:

beelde

oor die grysblou van die see
staan daar hoë misbanke op
met allerhande windpatrone

selfs die golwe lê rustig stil
asof dit na wolk-beelde kyk
op my duin is geen beelde

sweef my siel oor eeue heen
sien hy oom paul se ou beeld
waar dit voor die stasie staan

drie eeue het dit hom geneem
om te stap tot op stad se plein
gaan hy dalk omval of aanstap

gaan daar iemand oor een eeu
op my duin sit en sielerus vind

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed