Jongste aktiwiteit:

Niemand sal weet

Raai en raai, waar gedagtes draai…
Luister en luister waar die ritmes draal
van woorde versigtig uit jou toorkis gehaal.
Soos wiggies wat die weegskaal swaai,
sal die woorde maal en maal.
Wan die waarheid van die kaf…
Ontkiem net die goeie saad?
In die skadu van dié boom sal baie rus…

Maar wie sal weet van die onkruid,
wat teen die stam floreer;
die swam wat teer en teer;
kewers wat vreet en vreet?
So word die stam – verweer,
hol en leeg – omgekeer,
sonder dat iemand eers sal weet of kan keer!




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed