Jongste aktiwiteit:

Uit my hart net vir jou

rose is rooi en viooltjies is blou
maar dit bly steeds vaal teenoor jou

die sonlig het stralekranse om jou getooi
maar dit was nie net jou stap nie
ook nie net jou sit nie
maar die vonkel in jou stem en in jou oë
– veral as jou mond saam sou lag –
en vreugde wat diep uit jou mens borrel
wat my aangetrek het na jou

rose is rooi en viooltjies is blou
maar soms word daglig ook grou

selfs in donker dae was jy daar – soms vêr
maar steeds was daar ‘n selfvertroue in jou wese
en sou jy voort sweef asof geen aardse krag
vir jou bedoel was nie

rose is rooi en viooltjies is blou
ek het bly wens dat jy ook wou

en eendag, toe verdrink ek in die poele van jou oë
verdwyn die wêreld om my
terwyl ‘n duisend vlinders in en om my draai
en aai-aai die witbors kraai
jy het my om jou pinkie gedraai
ek was gedoem – nes die mot
wat draai om die kers se vlam

rose is rooi en viooltjies is blou
en kyk net waar is ons nou

ek wil jou anker wees in ‘n veilige hawe
die skuilplek as lewens storms sou woed
ek wil jou warmte wees in die winters
die sonstraal as stormwolke sou dreig
ek wil jou maanlig wees elke donker nag

rose is rooi en viooltjies is blou
ek verbind my nou vir ewig aan jou

©callie 2018
17 November 2018 – vir Callie & Melissa




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed