2018
2018
Ek het dié
vervloekte jaar
lankal
vooruit vermoed –
gebreekte heupe
vertrapte vriendskap
dwarsklappe
en gapende grafte…
Maar nou
nou
gaan ek vir my
‘n uilhuis
van groen bottelskerwe bou
my voordeur
bibberpers verf
en jubelend
‘n nuwe jas
aan die kapstok
van my vreugde hang…
(Kopiereg EP)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.