Sagsif van die uurglas
Skeef en krom
drome van hoeke en hoepels
opgebreek en vertrap
ingesluk, deur koue gulsige branders
Nes ek in my uurglas
spoortjies in die glans
deur die sukkel’gange beur
en massas waarheid van my seer
en saam met die loeiende wind
word ek met nuwe hoop verbind
waar vrae en antwoorde konnekteer
wat my leefwyses reflekteer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD