Jongste aktiwiteit:

ROOI

ROOI

My vrouwees dans versluierd en ongetem tussen stukkend-verflenterde glas. My kaalvoete se bloei skryf rou graffiti bo-oor die verwarrende beelde van ‘n splinter-gebreekte spieel.
Onverdunde hartstog skeur met wrede teerheid die voorhangsel van my vrouwees in twee stukke. Wat soos vaandels van wilde triomf wapper verby die Sewester en die Orion met sy geknoopte toue…En rooi lê my kaalvoet-dans se splinterruit-spoor daaroor. Word ‘n rooitapyt vir die Glorie van ‘n Gans Andere Man se volmaakte Vergifnis.
SkarlakenVrou.
BloedVergifnis.
RooiTriomf….Die mistieka van Dans met die HeelalKoning se Seun. Van vrouwees gesny uit die Skarlakenrooi van Bloed eens gevlek in Hout. Nou soos n Eksodus-offer bo-oor die deurpos van my onbevange vrouweesgemaak se geheime labrinte.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag passie drentel in die mistieka van jou Godgemaakte wese.
©Liza Daniells




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed