Jongste aktiwiteit:

Ongeskrewe

ek wil so graag
nog eenmaal weer
’n mooi vers vir jou skryf
maar nou vlam jou omdraai
en jou weggaan
soos ’n vuur
deur al die are van my lyf

my hande huiwer vir ’n oomblik
bo my foon se alfabet

maar
net voor ek aan die letters raak
word my vingers stom en stil;
ek kan nie vir jou skryf nie
…maar ek wil

© Carma Shaw
12 Maart 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed