Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

waar was jy

Waar was jy mamma,
toe ek my eerste tree moes gee
toe ek onseker skaam die skool se stoep betree?

Waar was jy mamma,
toe my voetjies sag soos vlindervlerk
Oor die dansvloer mozartritme gly
my oë soekend in die skare na ‘n afwesige jy.

Waar was jy mamma
toe ek in pure onskuld
my hart verloor
jou waarskuwing te laat gehoor!

Waar was jy mamma,
toe ek die kleine mensie teer
teen my hart kon druk
deur onseker trane moes leer?

Waar was jy mamma.

Toe ek daardie laaste oproep kry
wáár was ek mamma
toe jy so alleen teen die donker moes stry?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed