Jongste aktiwiteit:

Namakwaland blom

In die donker van onbekende vrees staan jy eenkant en lyk benoud. Die kommer van vandag draf oor jou lyf, met angs begin die waters daai wange oorvloed. Die geroep van my naam druis oor die berge, die snik na my arms voel ek deur die grond. Die merke van my keuses sal jou nie skeur nie, my liefde is pleisters en salf van trots. Kom sit die lig aan hier in my hart, waar jy loop soos blomme in Namakwaland se tuin. Geluide van jou lag is my ore se mooiste musiek, ek dans in die reën en rol op die gras. Ek sal vir jou die horlosie gaan steel, waar tyd ons nooit weer sal kan pla nie. Kom ons hardloop my seun, en gaan kruip dan weg, dat niemand ons kan pla, of ons weer van mekaar sal skei nie en soos die skemer son in die bosveld, sê ons vir almal baai.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed