een
een sit op my duin
een sit doodstil
een raak stil
duine plasies
bakermat van land
diep sand en gruis
konkreet geboue
wit geverfde huise
dodder in fynbos
stilte en rustigheid
siele vreugde bemin
lewens vrede herwin
mense verstop filters
emosies wat skuim
vertroebel die water
denke raak verstrengel
gedagtes van weleer
maak vandag duister
môre lyk ook vaag
oorlogswolke luier
mense harte steier
sak terug op duin
vas op sitplek rots
getye sal bestaan
môre skyn son weer
sweef jy weer my siel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.