Jongste aktiwiteit:

Die aandlug van die lewe

Die aandlug van die lewe

‘n Sagte bries in die aandlug van die lewe
daar is ‘n roering wat my siel laat bewe
dit is die ewige liefde, dit is God gegewe
O!!! Ja dit is jy wat my op’n wolk laat swewe

‘n ster verskiet in die nag donker en swaar
jy nasleep, soos die liefde, eerlik en waar
jou skoonheid, asemrowend, ewig daar
uit die dieptes, nou, hier, kant en klaar

die sekelmaan skep die liefde diep uit jou siel
die broosheid van jou binneste is wat my besiel
die beeld van jou silhoeët wat my wese verniel
met ‘n dankbare hart vir jou, kan ek voor Hom kniel

in my gedagtes, die morester se laaste blink
die son in die horison, wat jou liefde skink
so seker, as die vroeë mis, sagkens verdwyn
sal my ewige liefde vir jou nooit ooit wegkwyn

jy, my liefde

Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed