Jongste aktiwiteit:

fiktiewe wêreld

Daar is soveel redes om nie te stem nie
ons wêreld het onderstebo gedraai
en mense het kwansuis soos vlermuise geword
wat sluimerend koponderstebo
vasklou aan ’n mislukte samelewing

Wat die vlermuise immers nie besef nie
is dat die Afrikaner alleenlik skuldig is
aan die feit dat ons onwillekeurig
ons eie ondergang veroorsaak het

Ongelukkig is te veel Afrikaners nog opsoek
na kortpaaie om hul vryheid te herstel
’n Volk bou ’n stad of ’n monument
nie anders om nie

Alles wat vir jou kosbaar is, kan weer herbou word
wees versigtig om nie mensgemaakte strukture te verafgod nie
want afgode het ’n manier om mense saam met hulle
in die afgrond in te sleep




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed