Kommentaar, kommenshnaar
Waarom behoort ons kwansuis aan ʼn skrywers groep indien dit wil voorkom asof die meeste lede net plaas en nooit moeite doen om ʼn ander se goed lees nie. Kommentaar is nog skrapser. Is die doel van so ʼn groep dan nie juis om deur terugvoer mekaar aan te moedig om aan te hou skryf nie? Het ons verval in ‘n wereldjie van selfbelang?
Ekself lees nie alles wat geplaas word nie (jammer digters!). Maar, ek probeer om ‘n woordjie van aansporing te laat wanneer ek wel iets lees want, op so ʼn gevrekte trant kan geen groep langtermyn oorleef nie. En hoe hartseer sal dit nie wees nie. Al die jare en ure deur Ink se Moderators en hul geswoeg om Ink op die landkaart geplaas te kry. Is dit dan tevergeefs?
7 Kommentare
-

Anze
Ano en daar oortree ek elke 'wet' op die maandprojekte, maar ek voel presies soos jy. Almal plaas maar die kommentare is maar bitter skraps. Kom ons as INK lede begin mekaar aanspoor daar is tog niks so lekker as om n welkome (ook soms n onwelkome!!) kommentaar op jou werk te lees nie. Dankie vir hierdie plasings! Hoop almal lees dit en begin om meer betrokke te raak by almal se werk. Ons skryf tog maar vir die lesers of hoe??
-

Amaspoke
Baie waar wat jy sê, ek was wel vir 'n paar maande nie aktief nie en voel baie skuldig. Wil graag weer aan die gang kom maar op die stadium is die gemoed nie van die beste nie.
-

Charleine
Ek stem beslis saam. Ek onthou hoe ons almal jare terug feitlik daagliks met mekaar gekommunikeer het deur ons plasings en kommentare. Dit was so aangenaam en opbouend. Ons het soos n familie geraak! Miskien het almal net oor die algemeen te besig geraak? Dankie, Ano.
-

Riaan Palmer
Ek het die gelees EN kommentaar gelewer... ;-) Jy is natuurlik reg. Dit is 'n twee-rigting straat! Ek belowe ek sal meer kommentaar lewer.
-

Koos Elsum
Stem saam en onderneem om sê vier kommetare te lewer per week. Ek dink dis nie soseer dis tegniese kwaliteit van kommentaar (ek hoop!!, meskien is dit die rede vir min reaksie?) maar om vir ons arme mede skrywers te sê dat niemand in die Afrikaans wêreld te minste lees.
-

Loretta Szikra
Ek stem saam maar is self baie skuldig. Ons lewens is meestal so gejaagd dat ons net "hit & run" plaas. Dis eintlik baie hartseer want ons mis soveel mooi skryfgoed in die proses. Ek gaan beslis harder probeer om my mede Inkers te ondersteun. Dankie dat jy ons so bietjie kom wakker skud het Ano.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek