Jongste aktiwiteit:

wanneer winter sterf (Brons)

Ek sien die spookasem geur van perske puntjies
hulle koppies opdraai in volle blom.
Voel die warm sang van nuwe vrug
wat die somerson verwelkom.

Fynvlerk bloeiknop balarinas baljaar in die wind.
Ek hoor die witvlek vlerkies van ‘n blommekind.
Ek ruik die roesbruin kleur van die ou kromhout;
proe die heuning in kleure van geel en goud.
‘n Nuwe seisoen wat stilweg ontvou,
In kleurontploffing verdwyn wintergrou.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed