vroeg oggend
vroeg oggend lê mis
soos ‘n dons kombers
bring gedagtes saam
wat klink soos water
verberg ongelykhede
soos onheilspellende
formasies wat opdiep
vroeg oggend skyn son
oor die hoek van ons baai
verf mat van mis oranje
maak die omgewing
lyk na faust se musiek
waar duiwels draai
onder miskombers
vroeg oggend is see stil
afwagtend op dag se hitte
wat lugstrepe gaan trek
hier tot in lambertsbaai
elke voëltjie fluit vrolik
sing dagbreek se lied
terwyl ek sag sweef
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.