
Klaradyn, Klaradyn kom dans met my
Klaradyn, Klaradyn kom dans met my
as ons saam in ‘n wals oor die dansvloer gly,
want jy’s my Pollenys, my lieflike ding
oor wie ek elke dag so vrolik sing.
Vir jou is ek die witborskraai
wat vlieg tot daar by Mosselbaai,
as die volmaan skalks deur die wolke loer
word ons saam na ‘n paradys gevoer…
‘n Handvol rosies gee ek jou,
rosies blink met môredou,
as jou mond vir my lag
in die stil van die dag,
want ver op die velde, waar die son altyd skyn
is jy die mooiste nooientjie, veel soeter as wyn,
so dans met my Klaradyn, Klaradyn
wyl die note klink en die son helder skyn!
©Anton Bosch 04/07/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.