Jongste aktiwiteit:

Sintuie

SINTUIE

hoor jou in die windjie
sien jou in die son
dink jou deur die donker
van ‘n veraf dig kokon

roer jou met die reëntjie
vang jou in die dou
wens jou uit die wonde
van ‘n wêreld grys en grou

proe jou in die luggie
sluk jou uit die see
weet jy voer‘n duisend
liggies met jou mee

stuur jou in die storm
vat jou uit die vuur
eis jou in ‘n dagdroom
wat vir ewig duur

ruik jou in die bloeisel
beleef jou in die blom
van ‘n langverwagte somer
wat dalk my pad langs kom




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed