Jongste aktiwiteit:

Geleende tyd

Al klouter ek oor kranse
en strompel kaatvoet-mank,
deur kraters en diep waters
sal my hart die tolgeld
keer op keer vir jou betaal.

Al vry ons twee net nou en dan
onder ons wilger langs die dam
of op die bankie in die parkie
waar tyd verseg om stil te staan –
koester ek elke oomblik
soos ʼn rare edelsteen
omdat ek weet my lief;
die bietjies goue ure saam
word maar stief aan ons verleen.

©Loretta Szikra
20190909




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed