Jongste aktiwiteit:

erf(en)is

oor my duin waai woeste wind
laag skeer dit oor die golwe
wit sproei waai uit elke golf
meters ver word sproei
weer sout water

ver oor die baai lê blou rante
berge om reg te wees – piketberg
sederberge en baie ver bietjie sneeu
die verte waai blou en grys van stof
seevoëls vlieg lae profiel

my siel sweef oor die weskus see
verwonder hom oor geslagte se huise
wat al byna van da gama se besoek af kom
wie erf wat, wonder hy nou – met dié
dat alles aan niemand behoort

dekades gelede was iemand wat erf vernaam
en was iemand om mee rekening te hou, te ken
nou sterf almal en alles in onsekerheid
selfs nie eens kultuur bly heilig nie
wonder wie volkspele inpalm

my erf(en)is drome aan skerwe
want erf en is jy nie meer
al werk jy ‘n leeftyd
daaraan verloor
jy dit aan iets

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed