“Saffrym” ‘n gedig vir liefde.
Koud lê my liefde verkrimp agter ‘n berg
onder sy yskristalle soos stalagmiete
uit sy graf te kerf,
na ‘n hemel waar die wolke in hul wit velle hang
en druppel sag val na my lapgeplakte hart
met sy droë verdorwe ingesinkte valleie,
‘n woord te eggo
vir die drie tal honderd en een duisend stukkies wat agterbly
het ek iets sag en fyn in jou …
op daai bedompige warm saffraan saffier
uit donker blitz wolke gepaai
en het ons saam ontkleed
verbrokkeld en gebreuk
soos porselein gehef
volmaak aan mekaar
sal jy sê : Kintsugi en ek sal sê : Kintsugi
en ons kinders sal potte hef
elkeen sal praat oor hul bedremmelde hart
wat soos oud en nuut verkrimp, verkrummel en verlang
offreer hul die mooiste kelk van blom
nes ek daai nagtegaal laat nag
toe jy weg vlieg onder die volrond maan
en jou trane in ‘n miljoen sterre verskitter
het ek my Saffrym offreer aan jou.
©Morné du Preez
(Saffrym nie in die woordeboek bestaan ook nie,ek het dit opgemaak vir die gedig en sal sê dit beteken “Die sag en fyn van suiwer liefde van die siel, Iets sielswaardig mooi”)
Kintsugi= Japanesse fynkuns van gebreekte potte met goudvulsel te lym en dit perfek te verklaar.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Mooi gedig Morne. Ek hou van Saffrym