Uitvaart
In die buitelug se gelaatsbeeld
is reën in volle bloei
met korrels wat afkug
na die lakensvoller land
en hier in my krog brilledoos
beletter ek liglaaiend jou skilderlyf
en stuur dit met ñ geelvlerkduif
verby wolke tot in die hemelalkoof
vir jou gevoelvolle potblou oog
omdat jy is ingebalsem in my.
© Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
26 0ktober 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.