
najaars oes
op hierdie sonnige oggend
skyn en skitter my duin van dou
fyn druppels reën wat stadig verdamp
druppels wat soos laat vrugte hang
laat vrugte soos ‘n ou mens
wat nog vrugte dra
nog dinge doen
sigbare dinge
wat vir altyd
gaan bestaan
al is dit gering
al is dit nie perfek
ongeskonde dinge
eie aan homself
van wie die
vrugte
laat
eers kom
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.