Laat lente-Spook(brons)
Dis die ouwinde oor helshoogte
wat die herfsblare wegdra
van ‘n ou-akkerhoutboom
wat vir die koue nat wag
en die druppel nag
wat sag afsypel
aan sydrade vol winter akkoorde
van ‘n gewebte nagwagter in sy repertoire
die oes van lente
stil stil tingel rus
om vir die oggend son
die verhaal te tolk
van die laat somer fees
en wegfladderende blare
van die gees van ‘n ou-akkerhoutboom
en winde wat spook.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek - Laat-lente