Jongste aktiwiteit:

Die dood van ‘n kind

die dood van ‘n kind
vorm pyn wat brand
diep verby vlees en been
tot daar waar lewe klop
polsend, verstikkend
remmend aan elke wand

‘n nimmereindigende tribulensie
van asem snak
vasgevang in dimensie
wat wil knak
jou laat treusel deur die dag
laat wroeg in die nag

geen trooswoord kan dié pyn versag
geen bemoediging die mond laat lag
dis ‘n ewige verlies
wat geen mens uit vrye wil kies

tog vervaag felheid met jare
kom daar mettertyd berusting
verflou die skroeiende brand
gelaaf deur olie van hoop

maar die psige bly mank
die onthou vir ewig aan jou vasgerank

©Driekie Grobler




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed