lig en duister
met ‘n ruk kom ek tot my sinne
wat het gebeur
alles is helder verlig om my
oja, daar was weer ‘n kragdiefstal
met dof sware plof
soos bollie in die stof
skuifel ons land voort
van ligdag na donker dag
gaan die wêreld gou vergaan
die mure is dan vol tekeninge
weet nie meer waar noord is
aarde besig om op te breek
kom tog gou lig kombers
verlig hierdie donker las
laat die wil geskied
van een met Lig
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.