murgbene
ver in die verlede lê daar hope bene
sulke pypie-bene waarvan die murg
reeds uitgekook of gesuig was
goeie ou dae van murg bene
destyds se kos was onverdun
die heel armes het ook gekry
nooit was daar ‘n honger mond
wat doelbewus oorgeslaan was
deesdae se murg bene is sleg
afgewater en geneties verswak
geen krag of boustof meer nie
selfs been self breek sommer
mag ons dalk eendag weer
ware murg in die pype kry
onverdunde murg wat skop
daar waar skop nodig word
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.