Jongste aktiwiteit:

Maart 2020 INK projek – Triomfboog

Beste INKers

Aangesien die afgelope maand jul kreatiwiteit werklik beproef het, het ek besluit om die opdrag vir Maart effe meer ontvangsvriendelik te maak.

Die opdrag is, vir al die afdelings, een woord: “TRIOMFBOOG”

GEDIGTE:

Skryf ‘n gedig in enige vorm, sonder rym- en lengte voorskrifte.
Gebruik die woord triomfboog in jou gedig. Dit mag NIE die titel van jou gedig wees NIE.

RUBRIEKE:

Gebruik die woord in welke wyse ookal. Dit mag NIE die titel van jou rubriek wees nie.

ARTIKEL:

Skryf ‘n artikel oor enige geskiedkunde gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 500 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

GORREL:

Gebruik die woord op enige wyse. Nie meer as 500 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

VERHALE:

Skryf ‘n verhaal met die fokus op ‘n gedenkteken (triomfboog).
Nie meer as 1200 woorde nie. Dui jou woordtelling aan.

Lekker skryf, in Afrikaans.
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed