Ode aan my hond Mister (Engelse-Shakespeariaanse Sonnet) (Silwer)
Met jou noodroepsein skeur die rampgordyn
belange-en-emosieloos in twee;
aanvaar jou deurtraplyf sy kankerpyn,
sy afskeidslot, jou laaste treë, gedweë.
Ek mis jou in my môre my ou hond
en jou growwe rowwe blafstem in my dag.
Jou leemte laat ‘n wrang smaak in my mond;
ek wens dat ek nog hier vir jou kon wag.
Maar nou is daar net foto’s en onthou
van dinge en van stories in jou tyd,
die mense wat hul lewens om jou bou;
die vreemdeling se bangwees vir jou byt.
Jou lewe en jou kranige bestaan,
vereer ons met ‘n sware afskeidstraan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2020 – Ek wens dat ek … projek