Jongste aktiwiteit:

Nabetragting

Hier waar ek nou so hoog geleerd is
veronderstel deur al die grys
Hoe goed oorleg was my begeertes
as ek terugkyk op my reis ?

Hoeveel daarvan was bloot voortvarend
wat ondeurdagte hoop verskans ?
In werklikheid dalk onrusbarend
in onvolmaaktheid saamgeflans

Ek wonder soms ná sparteljare
van wik en weeg in diepnag-ure
Was my offers op die groot altare
nie maar verswelg deur vreemde vure ?

En was die warmte van my drome
nie net die wrywing in my siel ?
Was die hunkering na kalm strome
nie net ‘n wasige profiel ?

Was dit ‘n vlees-bekookte strewe
of het my oordeel my versaak ?
Had ek ‘n drogbeeld van die lewe
of was my spieël maar net gekraak ?

Uitmergelende worstelinge
wek vrae wat immer lei tot meer
Maar die innerlike hofgedinge
se uitspraak is : dalk sou ek weer




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed