Mensmin is baie
Ek het nie baie nie,
het ek vandag weer besef,
maar ek kan woorde vir jou omdop
sodat jy saam met my op water kan loop
dit in my eenvoud raam,
terwyl my oë halflyf
deur jou siel sink
my vingers oor jou kortrib streel
verby die sagkant van jou sixpack
tot jy snak-snak-snak en
my mensbekende tale
jou vreemd laat voel,
want met die bietjie wat ek het
weet ek hoe baie jy vir my is.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.