wagtend (Brons)
terwyl ek wag
dat jy besluit
of jy my bemin
sal ek liefdesgedigte lees
vaag-bekende liedjies fluit
droom hoe ons gekousde voete
liefkosend strengel
ja dit en nog meer
sal ek glimlaggend verduur
terwyl ek wag
dat jy besluit
of jy my bemin
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek